12 May National Nurses Day SAVF Carolina Lief en Leed, SAVF Ouetehuis

Nurses day - die verpleegsters lê die eed van verpleegsters  af.

Nurses day – die verpleegsters lê die eed van verpleegsters af.

12 MEI – NASIONALE VERPLEEGSTERS DAG – DIE SAVF CAROLINA VIER DIT OP DIE GEPASTE WYSE
Nasionale Verpleegsters  dag word  wêreldwyd op die 12 Mei van elke jaar gevier.  Dit is die geboortedag van Florence Nightingale.  Sy is gebore op 12 Mei 1820 in Italië.  Sy het van ‘n baie jong ouderdom af al ‘n passie gehadvir die sieke en die swakke. Op 16 jarige ouderdom het sy besluit om ‘n verpleegster te word – teen haar ouers se goedkeuring.  In 1853 breek die oorlog uit tussen Britanje en Rusland.  In die oorloggeteisterde land, by die Swart see, het sy baanbrekerswerk gedoen in ‘n Militêre hospitaaltjie, waar die elende hoog was.  Sy het langure verpleegwerk gedoen, en snags met ‘n lampie van pasient tot pasient geloop om hulle te verpleeg. As gevolg van haar goeie werk, het die sterftesyfer met twee-derdes verminder. Te danke aanhaar, word die verpleeg beroep vandag erken as ‘n eerbare beroep.

Die SAVF Ouetehuis, het hierdie geleentheid gevier op Woensdag, 11 Mei 2016.

Die tema vir hierdie jaar is: ”Improving  health systems”

Nurses day - display

Nurses day – display

Die ontstaan van Verple egsters-dag, is vertel deur Stafverpleegster Phinoria Makgwale. Daar is  ‘n gedig van Helen Steiner-Rice voorgelees deur Sr Tanya Brink, en toe het sy die storie van Florence Nightingale se lewe, en goeie dade vertel.

Sr Blanch Pienaar het die stuk gelees van “The lady with the Lamp”, en daarna het al die verpleegpersoneel die “Florence Nightingale Pledge” gelees.

Die Verpleegpersoneel het ‘n drama opgevoer oor ‘n baie besige Ongevalleafdeling, waar die arme verpleegster omtrent moes spring om al die ongevalle te hanteer, ‘n kraamgeval gehad, brandwonde verbind en ‘n gebreekte been gespalk, probleme kry met die ongeduldige Dokter oor die papierwerk nie reggedoen is nie, en toe by die huis ook nog moes rondspring om manlief en die baie kinders gekalmeer te kry!

Nurses day - elke verleegster ontvang 'n dankie geskenkie van die Bestuurder

Nurses day – elke verleegster ontvang ‘n dankie geskenkie van die Bestuurder

Nurses day - groepfoto van die verpleeg personeel van SAVF Carolina

Nurses day – groepfoto van die verpleeg personeel van SAVF Carolina

Nurses day - 'n Drama uitgevoer deur die personeel oor hoe besig dit kan raak in 'n Hospita_

Nurses day – ‘n Drama uitgevoer deur die personeel oor hoe besig dit kan raak in ‘n Hospitaal

Nurses day - Phillis Maseko  Nonhlanhla Sibanyoni  Phinoria Makgwale en Rose Maseko

Nurses day – Phillis Maseko Nonhlanhla Sibanyoni Phinoria Makgwale en Rose Maseko

Nurses day - Sr Blanche verduidelelik hoe die kleredrag gelyk het in Florence Nightingale s_

Nurses day – Sr Blanche verduidelelik hoe die kleredrag gelyk het in Florence Nightingale se tyd

Nurses day - Sr Tanya read a poem from Helen Steiner-Rice

Nurses day – Sr Tanya read a poem from Helen Steiner-Rice

Die Bestuurder, Sonja Bensch het aan elke verpleegster ‘n dankie geskenkie oorhandig, en daarna het almal heerlik gesmul aan heerlike koek en tee.

12 May National Nurses Day SAVF Carolina
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply