AfriSake, Rooimiere en SAPD sak toe op grondgrypers News Actual

AfriSake, Rooimiere en SAPD sak toe op grondgrypers

 Die sakeregtewaghond AfriSake het vandag in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die balju van Brits en die Rooimiere talle onwettige grondgrypers sowat 6 km buite dié dorp suksesvol verwyder.

Dit volg nadat AfriSake en drie aansoekers op 29 Junie 2016 ’n tussentydse hofbevel in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria in dié opsig verkry het nadat daar op die grond van verskeie privaat eienaars toegesak is.

Volgens Stefan Pieterse, woordvoerder vir AfriSake, is hierdie ’n groot oorwinning vir eiendomsreg omdat dit ’n grondwetlike reg is en hierdie reg afgedwing moet word. Twee van die drie aansoekers is weduwees wat geen ander hulpbronne het nie en dus genoodsaak was om AfriSake vir die uitsetting van dié grondgrypers te nader.

Pieterse sê voorts dat hierdie ’n uiterse suksesvolle operasie was waarin alle betrokke partye doeltreffend saamgewerk het.

Afrisake gaan op 18 Augustus 2016 weer in die Noord-Gautengse hooggeregshof verskyn om die tussentydse hofbevel te bekragtig.

AfriSake, Rooimiere en SAPD sak toe op grondgrypers
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply