Bakkie ry oor T-Aansluiting News Actual, Travel

Op 2 Mei vroeg oggend het hierdie bakkie nog met redelike spoed oor die T-aansluiting van die Hendrina-Carolina-Ermelo pad gery.
Duidelik was dit vir die bestuurder te laat om nog remme aan te slaan. Die remspore lê wel redelik ver wat laat dink dat die bakkie nogal vinnig gery het voordat hulle die T-aansluiting opgemerk het. Dit was mistig vroegoggend en dit het seker bygedra tot die oorsaak van die ongeluk.
Aandag is ook altyd ‘n oorsaak. Daar is genoeg borde langs die pad wat aandui om stadiger te ry, die pad draai om ‘n reghakse aansluiting te maak en daar is “rumble”strips voor die aansluiting.
Die bestuurder en haar kind het geen beserings opgedoen nie maar die bord is omgery en die bakkie is lelik beskadig. Onthou hierdie tekens van ‘n naderende T-aansluiting:

1. Daar is ‘n bord om spoed te verminder
2. Daar is rumble strips
3. Die pad maak ‘n draai om in ‘n regte hoek met die ander pad aan te sluit.
En ja, die chevron bord aan die oorkant van die pad is nie die agterkant van ‘n bus nie!

Bakkie ry oor T-Aansluiting
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply