Belfast Landloop en Atletiek vergadering Sport News

Op 11 Mei 2016 was daar ‘n Atletiek en Landloop vergadering gehou op Belfast. Die doel van die vergadering was om die Laerskole, Hoërskole en Spesiale skole onder een sambreel saam te snoer.IMG_82971
Op hierdie vergadering is Mnr. Louis Bates (snr) verkies as die eerste voorsitter van die kommittee, en Mnr. Louis Bates (jnr) as die voorsitter op die kommittee belas met Landloop.
Mnr. Bates is baie opgewonde oor die nuwe uitdaging en sien veral uit om met die Hoërskole en Spesiale Skole te werk. Ook wil hy hom beywer om meer geleenthede vir opleiding te bied vir afrigters en tegniesebeamptes.
Mnr. Bates se kommittee bestaan uit 11 lede soos volg verkies: Mnr. L.L. Bates (Voorsitter), Mnr. Derek Mdluli (Ondervoorsitter), Me. Erika Clarence (Algemene sekretaresse), Me. Pam Tshabalala (Notule sekretaresse), Me. Maria Mothoa (Terourier), Mnr. Sonnyboy Nkuna (Laerskole), Mnr. D.P Badenhorst (Hoërskole), Mnr. Louis Bates (jnr) (Landloop), Mnr. Gatsha Ngwenya (Afrigting), Mnr. Hloni Nkosi (Tegniese beamptes) en Mnr. Christor Strydom (Spesiale skole).

Belfast Landloop en Atletiek vergadering
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply