Belfast, Watervalboven en Machadodorp sonder water News Actual

Soos ons verneem uit betroubare bronne het die munisipale werkers in Belfast en Machadodorp en Watervalboven weer gestaak oor ‘n loondispuut. Die staking het oorgeslaan in brutale kriminaliteit toe hulle die een werkende waterpomp in Belfast gesteel het. In Machadodorp en Watervalboven het hulle die pompe goedsmoeds afgesit. Dit is totaal krimineel om die inwoners van die dorpe van hul noodsaaklike lewensbehoeftes te beroof.
Die dispuut gaan daaroor dat die direkteure van die Munisipaliteite wel hul beloofde salarisverhogings gekry het maar die werkende staf nie.  Ek hoop dat die polisie werklik die mense vasvat oor die kriminaliteit. Die unies moet eintlik ook vergoed vir hul lede se ongeoorloofde gedrag.
Die plaaslike blankes het hulself toegang verleen tot die waterwerke om die noodsaaklike watervoorsiening weer aan die gang te kry. Iewers verstaan die werkers glad nie die proses en meganisme van onderhandeling nie. Dit is net verwoesting waar hulle kan.Waterval2  Foto’s met erkenning aan The Highveld Gazette https://www.facebook.com/thehighveldgazette/
WatervalBoven

Belfast, Watervalboven en Machadodorp sonder water
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply