Brandweer besoek Kleuterland News Actual, Skole

Kleuterland Carolina kry besoek van die brandweer.
Die brandweer van Chief Albert Luthulie munisipaliteit het Kleuterland besoek op 24 Mei.
Dit was ‘n geweldig interessante belewenis vir almal. Brandweerman A.S. Manana het die kinders uitstekend toegespreek.Brandweerman A.S. Manana doen baie moeite met die kinders.
Hy spreek hulle toe in Afrikaans en probeer om soveel as moontlik aandag aan hulle te gee.
Hy leer hulle van die werksaamhede van die brandweerwa en die verskillende pype waar die water uitkom.
Hy leer hulle van die spesiale klere wat gedra word om die brandweerman te beskerm.
Hy leer hulle v an die rooi helm en die swaar skoene wat ook beskermend is.
Die kinders het hom met groot oë bewonder. Toe hy vra wie wil almal brandweer word, toe is daar baie van die seuntjies en dogtertjies wat hul hande opsteek!

Eers is aan die kinders verduidelik hoekom die brandweer rooi is, toe is die sirene vir die kinders gedemonstreer. Hulle was vervul met bewondering vir die geluid.
Daarna is vir die kinders die brandweerskoene gewys, die baadjie en die hoed. Een van die kinders mag dit toe aantrek, die ander het lekker gelag oor die klere wat nie pas nie, maar dit het hulle geleer van spesiale beskermende klere vir die brandweer.

Toe is vir hulle gewys hoe die brandslag werk en hulle het elkeen ‘n beurt gekry om die brandslang vas te hou en te maak spuit! Wonderlik, dit is die grootste belewenis ooit.
Ons sê baie dankie vir Chief ALbert Luthuli se bereidwilligheid om die kinders hierdie blootstelling te gee. Die twee brandweermanne of eintlik brandweer man en vrou het hulle voortreflik gekwyt van die taak en vir die kinders ‘n onvergeetlike dag besorg! Baie dankie aan brandweerman A.S. Manana en brandweervrou S.Z. Zwano, julle is puik!

Brandweer besoek Kleuterland
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply