Carolina Akademiese Skool loop deur onder kritiek Uncategorized

guardianlibertyvoice-logo Volgens Laura Oneale op 9 April 2016 het sy by NEWS 24 inligting getrek waar daar  ‘n onderhoud  met ‘n sekere Wilhelmina De Sousa gevoer is waarvolgens dit blyk dat daar baie rassisme en boeliepraktyke by Carolina Akademiese Skool plaasvind. Die voorvalle wat daar gepubliseer is reik van algemene praktyke tot spesifieke gevalle waar geen name genoem word nie. Ons het met Carolina Akademiese Skool in verbinding getree oor hierdie voorvalle. Die antwoord wat ons teruggekry het was dat daar geen kennis gedra word van die voorvalle wat genoem is nie, dit is pure snert. Verder is die persoon met wie die onderhoud gevoer is nie ‘n ouer van ‘n kind op skool nie, dit lyk of die naam ‘n fiktiewe naam is.

Terwyl Laura Oneale wel die onderhoud geplaas het is dit baie swak en onprofessioneel om sulke blatante aantygens te publiseer sonder dat sy navrae gedoen het of die feite korrek is.
Ons kan dink dat wanneer iemand so ‘n brief skryf dat dit “as is” gepubliseer word maar dat die uitgewer homself dan distansieer van die inhoud daarvan.

In hierdie geval egter het Laura Oneale die onderhoud getrek en geplaas en die skrywe is nagesien deur Leigh Haugh. Sulke blatante aantygings doen geen instansie goed en los ook geen probleme op nie. Oor die algemeen was die kommentaar van lesers van Liberty Voice positief oor die skool en is die berig ongeloofwaardig beskou.

Skole wat kinders uit verkillende kultuur agtergronde klas gee loop ‘n baie moeilike pad. Hulle verdien meer verdraagsaamheid en ondersteuning as afbrekende kritiek wat ongegrond is.
Redakteur Nico van der Brugge. Kontrei Gazette>

Carolina Akademiese Skool loop deur onder kritiek
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply