Carolina Rugby Club Speel in Evander Sport News

Carolina Rugby Club Wapen

Carolina Rugby Club Wapen

Carolina Rugby club het Saterdag die 9e April gespeel in Kinross teen Kinross Rugby club.

Dit was die eerste Liga wedstryd. Die wedstryd was om 15:30. Dit was ‘n lekker sonskyn dag met ‘n ligte wind. Die meeste afskoppe is geboikot deur die son en die wind. Die son het ook woes in die ref se oë geskyn.

In die eerste helfte het hulle reeds voorgeloop met  26 / 3

Hulle het die wedstryd gewen met 43 / 8 . Sewe van die doele was drieë gewees waarvan 4 verdoel is. Dit was ‘n harde wedstryd . Almal het seergekry. Beide spanne het 1 geelkaart gekry as gevolg van vuisgevegte. As gevolg van een van die spelers se besering wou die ref graag ‘n rooikaart uitdeel maar niemand het gesien hoe dit gebeur het nie. Die skare was ‘n baie lewendige opgewonde skare. Hulle moes na die wedstryd driftig keelnatmaak soos wat hulle geskrou het.

Betroubare inligting ontvang van een van die spelers

Carolina Rugby Club Speel in Evander
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply