De Necker in Belfast doodgeslaan Lief en Leed, News Actual

Ons verneem met afgryse die voorval waarin Pierre de Necker laas denecker

naweek noodlottig aangerand en gedood is.

Ons dra geen eerstehandse kennis van die voorval nie maar het daarvan verneem in die Middelburg Observer en die Maroelamedia website.

Die beriggewings verskil in geringe mate die een van die ander. Dit blyk dat daar vroer in die week ‘n wit Golf gesteel is en dat Pierre op die dag van die voorval met die Golf en sy vriend(e) rondgery het.
Die oorspronklike eienaar het die voertuig opgemerk en saam met ander mense hom agtervolg en later vasgetrek. Sy vriend(e) wat saam met hom gery het het weggehardloop maar Pierre is deur ‘n groot groep mense so ernstig aangerand dat hy die volgende oggend vroeg aan sy beserings beswyk het.
Dit is tragies dat sulke voorvalle plaasvind en dit wys op wedersydse eie geregtigheid. Die een steel of het deel aan die gesteelde voertuig en die ander wil die reg in eie hande neem. Nie die een of die ander voel sleg oor sy dade nie. My innige simpatie aan die wat agterbly want hulle kry die swaarste.

 

De Necker in Belfast doodgeslaan
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply