Hennies in Hollywood Matriek afskeid Hendrina, News Actual, Skole

HENNIES GOES TO HOLLYWOOimg_5054D

GekombineerdeSkoolHendrina het hullejaarliksematriekafskeid in Hollywood afgesluit.  Die jongklomp is ontvang op die rooitapyt met baie toeskouers en flitsende ligte.   Van brullende motorfietse, die nuutste en duurste motors, Landrovers en ‘n baler wat omskep is in ‘n neon kuierhoekie het die jongklomp nie teleurgestel met hulle aankoms nie.

Daar is heerlike kosse voorberei deur Juffrou Magdel vd Merwe en haar spannetjie.  Die aand is aangebied onder leiding van Juffrou Santie Bezuidenhout en Juffrou Annemarie Stoltz.  Die ouers het nie teleurgestel nie en saam baie hard gewerk aan die décor van die saal en al die reëlings.

Daar is tot laatgeskoffel, gechacha, geMacarena en sommer net gesokkie!  Ons wens elke graad 12 leerder die beste vir hulle toekoms toe – mag elke dag ‘n Lentedag wees!  Sterkte met die eksamen wat voorlê.
Kyk die anner fotos in die gallery

Hennies in Hollywood Matriek afskeid
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply