Hennies Onnies Het Pret Hendrina, Lief en Leed, News Actual

20160722_143252

Gekombineerde Skool Hendrina se onnies he 2016 die jaar van sports gemaak. Die mans het gaan visvang en kuier in Vrede waar die vuurtjies hoog gebrand het, terwyl die dames Dunkeld aangedurf het. Daar is gekuier langs die weefmasjiene en gou-gou was die dames vaardig genoeg om elk sy eie lappies te weef. Die jonges van gees het gaan perdry, daar is by die forelplaas ‘n draai gemaak en die omgewing is besigtig in ‘n wa wat menige se ingewande goed kan rondskud. Na ‘n heerlike middagete is daar huiswaarts gekeer.

Die dames het ook ‘n draai gaan maak by Estancia waar daar geleer is hoe om houtartikels op te kikker met verf. Die dames het skinkborde, rame en nog vele interessante artikels mooi gemaak. Daar is natuurlik gekuier om ‘n koppie koffie en melktert. Dankie aan elke dame en Magdel wat deel is van die pret!

Hennies Onnies Het Pret
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply