Hennies Sport nog lank nie verby Hendrina, Skole, Sport News

Gekombineerde Skool Hendrina se senior spanne is nog lank nie klaar met wintersport nie. Daar moet nog aan verskeie uitspele deelgeneem word. Ons is trots op ons spelers wat so goed gedoen het gedurende die jaar.
Op die netbalveld het 0/15, 0/16 en eerste spanne aan die finale uitspele van Mpumalanga gaan deeln20160723_110817eem waar die 0/15 spelers gekroon is Mpumalanga wenners vir klein skole. Baie geluk aan hierdie spelers. Die 0/15 en 0/17 spanne gaan deelneem aan die Premier-liga wat komende naweek reeds begin. Skole wat deurdring tot die finaal neem in Nelspruit aan die finale deel. Sterkte aan hierdie spelers en hulle afrigters.
Op die hokkieveld het ons spelertjies net so hard gewerk. Die 0/14, 0/15 en 0/16 spanne het deurgedring tot die Noordvaal kompetisie. Ongelukkig het die 0/14 spannetjie vasgeval teen HTS Carel de Wet. Die 0/15 en 0/16 spanne het egter hulle wedstryde gewen om deur te dring tot die semi-finale. Die 0/15 speel teen Curro Helderkruin in Pietersburg, terwyl di 0/16 span teen Groblersdal Akademie speel. Sterkte aan die spannetjies – ons hoop ons sien julle in die finaal.
Die rugbyspanne het ook nie te ver agter geraak nie. Die 0/15 en eerste spanne het aan die uitspeel rondtes deelgeneem van die Noordvaal teen Komatipoort. Die 0/15 spannetjie het egter verloor, maar ons 1ste span het deurgedring tot die finaal van die Noordvaal. Sterkte aan hierdie span met al die verdere uitspele.
Die laer afdeling se wintersport het ook begin – landloop, hokkie en krieket. Sterkte aan die spanne met al hulle ligawedstryde en byeenkomste.

Hennies Sport nog lank nie verby
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply