Laerskool Breyten Rugby Breyten, Skole, Sport News

Laerskool Breyten se rugby skop hierdie jaar af op ‘n hoë noot.

Vir die afgelope dekade en ‘n half, speel Laerskool Breyten se rugbyspanne in dieselfde truie van toeka se dae.

Mnr. Louis Steyn van Louis Steyn vervoer en Omega Risk Solutions, het die behoefte vir nuwe rugby-truie raakgesien en ingekoop in die skool deur vir ons te help met die borg van rugby-benodighede.

Louis Steyn vervoer en Omega Risk solutions, het elk ‘n stel vir 20 rugby-truie geborg.  Omega Risk Solutions het ook 10 rugbyballe, een stel paalbeskermers asook 10 rugby-sakke vir die seuns geborg.

Laerskool Breyten wil graag Mnr. Louis Steyn van Louis Steyn vervoer, asook Omega Risk Solutions bedank vir hul helpende hand.  Jul maak nie net ‘n verskil in die skool nie, maar ook in die lewens van jong kranige rugbyspelertjies.

Foto links: 
Vlnr:  Nxusa Smith (o/13 rugbyspeler met die ou truie), Mnr. Louis Steyn (Louis Steyn vervoer), Leon Cloete (Afrigter – Laerskool Breyten), Philas

 

 

 

 

Foto Onder:
Vlnr:  Mnre. Daniel Legozane (Direkteur -Omega), Pierre Pelser (Omega), Riaan Snyman (Omega), Paul de Villiers (Sport organiseerder -Breyten) Gerrit Pienaar (Omega), Johan Booysen (Omega)
Voor:  Webster Joseph (O/11 Team Captain)

Laerskool Breyten Rugby
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply