Laerskool Breyten Sport Breyten, Skole, Sport News

Saterdag, 20 Mei 2017 het Laerskool Breyten in afsonderlike sportbyeenkomste deelgeneem.  Al die atlete het uitstekend gevaar.

Skaak:  Die Gert Sibande Skaaktoernooi is aangebied by Laerskool J.J. van der Merwe.  Twee leerders, Zethu Nkosi en Philasande Khubeka het tydens die byeenkoms deurgedring na die Mpumalanga spele vir O/13 seuns en dogterts op 10 Junie in Middelburg.

Landloop:  Die ASA Mpumalanga Landloop byeenkoms is aangebied by Piet Retief rugbyklub.  Die atlete het 8 eerste plekke behaal, 3 tweede plekke en 2 derde plekke.

Jukskei:  Die Gert Sibande jukskei byeenkoms is aangebied by A.J.Swanepoel in Ermelo.  Twee spanne het deurgedring na die Mpumalanga byeenkoms wat op 10 Junie 2017 aangebied word.  Die twee spanne was die Gert Siband wenners ook.

Rugby:  Philasande Ntshapela het deelgeneem aan die Mpumalanga Proewe in rugby en is opgeneem in die Mpumalanga span as linker-vleuel.

Foto:
Voor (vlnr)  Asanda Sithole (Landloop eerste plek 8 jaar), Nothando  Ndlovu (Jukskei 13 jaar) Lunga Thembekwayo (Landloop derde plek 10 jaar), Vuyolwethu Pule (Landloop eerste plek 12 jaar), Terrence Mnisi (landloop eerste plek 9 jaar), Zamajobe Sithole (Landloop eerste plek 10 jaar), Victoria Hadebe (Landloop eerste plek 11 jaar)

2de ry (vlnr):  Webster Joseph (Landloop derde plek 11 jaar), Nhlakanipo Mlothswa (Landloop eerste plek 13 jaar), Simphiwe Nkabine (Jukskei 13 jaar), Philasande Kubeka (Skaak), Tumisho Nkosi (Landloop tweede plek 11 jaar)

3de ry (vlnr):  Nojabulo Makhubu (Landloop eerste plek 12 jaar), Jean-Pierre Jansen (Jukskei 13 jaar), Nokwanda Ndlovu (Jukskei 13 jaar), Sinothile Mbatha (Landloop eerste plek 13 jaar)

4de ry (vlnr):  Collins Ndlovu (Jukskei 13 jaar), Dineo Mlotha (jukskei 13 jaar), Marnus Coetzee (Jukskei 13 jaar), Lungelo Chauke (Jukskei 13 jaar), Philasande Ntshapela (Rugby), Michael Botha (jukskei 13 jaar), Xoliswa Nkosi (Landloop eerste plek 13 jaar), Zethu Nkosi (Chess), LIndokuhle Ngwenya (Landloop tweede plek 12 jaar)

Agter (vlnr):  Jeanne-Riëtte van Ede (Jukskei afrigter), Leon Cloete (Rugby-afrigter), Louis Bates (Landloop-afrigter), Elbie Dreyer (Skaak-afrigter)

Laerskool Breyten Sport
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply