Molteno Pas na Beaufort West Uncategorized

Huisie in Molteno Pas

Die ideale huisie in Molteno Pas. Ons het van Loxton af die pad gevat na Beaufort West. Die teerpad gaan eintlik oor Victoria West maar dit is meer as 100km verder. Die grondpad oor die Molteno pas is mooi, dit is goed onderhou en ry baie lekker. As mens nou nie haastig is nie en teen 80-90 km per uur voortkruie dan geniet jy die omgewing terdee. Ek het die foto geneem onder in die Molteno pas. Dit is ‘n pragtige buitehuise met die soort van nuttighede waar ek van hou. Die vee loop sommer tot teenaan die huis sodat jy hulle maklik kan kraaltoe jaag in die aand. Die huisie staan langs ‘n rivier waar ‘n pomp die water voorsien na ‘n tenk wat redelik hoër teen die rand geplaas is sodat dit konstante druk vir die huis kan voorsien. Die sonpanele op die dak is meer as genoeg vir ‘n klein huisgesin se behoeftes, die groot stoep met die afdak sorg dat die vensters en mure van die huis koel bly. Daar waai genoeg wind in die pas om ook nog windkrag te voorsien. Al met al ‘n lekker wegkomplek in die middel van niks en nêrens.

Molteno Pas na Beaufort West
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply