Nuwe Total Vulstasie loop deur onder betogers News Actual

Die Nuwe Total vulstasie op die hoek van Kerk enDSCN5608

Voortrekker strate in Carolina ondervind vandag ‘n probleem met betogers wat ontevrede is met die indiensneming van werknemers wat nie uit die omgewing is nie. 
Hulle het die ingang na die vulstasie versper met ‘n kombi – taxi en staan luidrugtig daar en sing en skreeu om hul misnoe te kenne te gee. Sover was daar al 3 polisie bakkies en ‘n sedan maar dit lyk eerder of hulle net die situasie dophou as om dit te ontlont.
Enige griewe kan op ‘n beskaafde manier opgelos word sonder om ‘n oorlas te veroorsaak vir die res van die publiek. Ons wag nog vir verdere beriggewing van die Polisie se amptelike woordvoerder.
Sien die ander foto’s in die gallery

Nuwe Total Vulstasie loop deur onder betogers
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply