Ongeluk op Hendrina Ermelo T aansluiting R38 News Actual

OP 14 Junie ongeveer 1 uur in die middag het daar ‘n noodlottige ongeluk plaasgevind op
die Hendrina teerpad net voor die Carolina Ermelo aansluiting. IMG-20160620-WA0002
Die drywer van die vragmoter het gesien hoe ‘n man die teerpad oorsteek terwyl hy aankom. Toe die voetganger die vragmoter gewaar, het hy omgedraai en terug probeer hardloop maar hy was reeds te ver in die pad om te kan terugdraai. Die drywer van die lorrie het nog probeer om ‘n ongeluk te vermy en in die proses die vragmoter omgegooi. Dit was te laat vir die voetganger en hy is op die toneel oorlede.

As mens so die aantal voetgangers wat doodgery word in ag neem dan wil dit my voorkom of die meeste van hulle totaal geen basiese verkeersopleiding by die huis of op skool gehad het nie. Hul waarnemingsvermoë is nie skerp wanneer hulle op die pad loop nie. In baie gevalle is hulle onseker en wil liewers terughardloop as om aan te stap. Die bestuurder kan reageer as ‘n persoon aanhou om vorentoe te stap en dan agter hom verby beweeg maar as die persoon dan rigting verander dan is ‘n ongeluk onvermydelik. Ek sien so baie voetgangers in die middel van die straat beweeg of selfs langs die sypaadjies op die straat sodat voertuie hulle moet ontwyk om te probeer parkeer. En al hierdie soort padgedrag kan voorkom word as daar net eenvoudige basiese verkeers instruksies gegee word vir voetgangers. Redaksie

Ongeluk op Hendrina Ermelo T aansluiting R38
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Recent Comment

  1. Cobus Venter

    Snaaks ek het dit ok al opgemerk dat mense nie die basiese verkeersopleiding het nie mense kyk nie meer regs en links nie hulle loop net en self die wat op selfone loop en boodskappe stuur, hulle raak somer van rigting af

Leave a Reply