Oom Franz en tannie Babs 50 jaar getroud Lief en Leed

Franz + Babs 50 jaar gelede

50 Jaar Huweliksherdenking

Tannie Babs en Oom Franz Ruddeck was op  Saterdag die 9e April 50 jaar getroud.

Voor hul troue het altweeFranz + Babs 50 jaar vir Telkom gewerk. Babs het by die sentrale in Amersfoort gewerk en Franz in Standerton. Dit is soos die twee mekaar ontmoet het. Hulle is in Amersfoort getroud in 1966 en het hulle ook daar gevestig.
Daarna het hulle bietjie rondgetrek en in 1978 het hulle in Carolina kom bly tot vandag toe. Daar is twee kinders, Franz en Liesl en daar is 6 kleinkinders. Oom Franz het tot sy aftrede by Telkom gewerk, tannie Babs het omtrent by elke winkel in Carolina gewerk.
Ons wens hierdie oud inwoners van Carolina baie geluk met hul goue herdenking.

 Franz en Babs 50 jaar getroud

Oom Franz en tannie Babs 50 jaar getroud
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply