Redaksie en ICU Redaksioneel

In ICUHierdie week  het ek ‘n pacemaker gekry. Mens hoor altyd van ander mense wat so ‘n apparaat kry en dan wonder jy partymaal maar hoe werk die ding?

Ek het nou self aan den lywe gevoel wat dit behels. My eie pa het so’n apparaat gehad seker al meer as 30 jaar gelede. Vandag se apparate is bietjie meer gesofistikeerd maar die battery het destyds ook al 7 jaar gehou!

Die theater assistent het vir my vertel ek het ‘n dubbel kamer pacemaker gekry. Natuurlik het ek geen idee gehad wat dit behels nie en sy het pragtig verduidelik: Daar is twee elektrodes wat loop van die pacemaker. In gaan in die boonste hartkamer en lê daar en die ander loop deur die plek in die onderste hartkamer en lê daar. Nogal angswekkend om te dink dat jou hartklep om ‘n elektriese draadjie oopmaak en toemaak sonder om te lek! Hulle sê vir my dat die draadjie so dun is soos ‘n haar. Hoe kry jy hom daar in? Met baie moeite.
In alle geval, die boonste elektrode voorsien die eerste puls wanneer die hart se ritme te stadig gaan. Dit motiveer dan die hartspier om saam te trek. Die tweede elektrode wat in die onderste hartkamer lê beheer die krag waarmee die spier saamtrek. Op die manier het die pacemaker ‘n dubbele funksie. Dit hou die hartklop reëlmatig maar dit sorg ook vir ‘n kragtiger saamtrekking wat die bloed dan sterker deur die are pomp. Wonderlike tegnologie. Die apparaatjie is geprogrammeer om volgens die liggaam se behoefte te werk. Wanneer jy rus dan bly dit kalm maar sodra jy begin dinge te doen wat bietjie meer inspanning vereis dan pas hy ook daarby aan om die ritme te versnel.

Ek is baie dankbaar dat ek net een dag in die hospitaal was. Donderdag is ek geopereer en vrydag om 12 uur al weer huistoe. Dank die Vader vir Sy troue sorg en vir die tegnologie en die voorsiening daarvoor.
Net vir statistiek: My rustende hartklop was onder 60, en my hart het ‘n beat gemis elke vierde slag. Ek het ‘n mobile monitor gedra vir 18 uur en die uitdruk daarvan het gewys dat my hartklop gedaal het na 30 slae per minuut en dan nog elke vierde slag ‘n volle beat of selfs meer oorgeslaan het. Die spesialis kon nie glo dat ek nie duiselig geword het of flou geval het nie. Gelukkig het ons dit opgetel met ‘n roetine ondersoek 6 maande na die hartomleiding.

 

Redaksie en ICU
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply