SBV kontant vervoer gewapende roof News Actual, Uncategorized

DSCN5591Vanoggend vroeg het daar ‘n poging tot gewapende roof plaasgevind by die Carolina Belfast Aansluiting.

Die SBV bakkie het van Belfast se rigting gekom terwyl ‘n BMW van agter hom ingehaal het en skielik op hulle begin te skiet. Hulle het die SBV voertuig se twee bande aan die regterkant stukkend geskiet, Daar is verskeie gate in die voertuig, ons het meer as 16 getel. Daar was 3 insittendes in die bakkie, een is gewond deur die skietery. Van die koels het aan die ander kant weer uitgekom. Volgens die polisie is daar ‘n R5 wapen gebruik met die skietery.
Daar is geen geld geroof nie en die BMW het met die voortvlugtiges weggekom.
Toe ons op die toneel verskyn was die mense van die forensiese afdeling daar om opmetings te doen. Die verkeer het letterlik kilometers na al 3 kante opgehoop. Eers omtrent 9:30 kon die verkeer op die Carolina-Wonderfontein pad weer hervat word, die op die Belfast pad nog ‘n kwartier later. Die brandstoftenk is ook geraak in die skietery.  Daar is nog meer fotos in die gallery

DSCN5593 DSCN5594 DSCN5595

SBV kontant vervoer gewapende roof
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply