Strooptyd in Mpumalanga News Actual, Uncategorized

Strooptyd

Dis strooptyd in Mpumalanga en mens kry hierdie geweldige stropers langs die pad.

Die stroper se wydte strek aan weerskante oor die pad. Dit is ongelooflik om te dink hoe groot stuk aarde hierdie stropers op een trek kan stroop. Die drywer op die stroper is gelukkig bedagsaam ten opsigte van die ander verkeer. Hy  trek met tye af as die karre wil verbykom, van voor of van agter. Dan moet hy stilstaan want die skouer van die pad is nou nie so goed dat hy daar kan ry nie. Dit gee ten minste die voertuie agter hom of voor hom die geleentheid om verby te kom.
Dit was baie droog gewees in groot dele van die land. Baie plekke soos in die Vrystaat is glad nie geplant nie of hulle het laat geplant soos sonneblom en boontjies.
In Mpumalanga lyk die oes belowend. Ons het genadiglik dwars deur die seisoen genoegsaam reën gekry en verwag eintlik ‘n goeie oes met bogemiddelde pryse. Die boere in ons Kontrei kan weer bietjie asem haal.

Strooptyd in Mpumalanga
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply