TWK en Affinity Fuels vat hande Market News, News Actual

dscn6123

‘n Heerlike geselligheid met n spitbraai is aangebied vir die boere deur TWK Agri en Affinity Fuels.
Die samekoms was n reuse sukses en die boere het dit baie geniet om so met die nuwe plant seisoen bymekaar te kom en gesellig te wees.
Affinity Fuels en TWK het n Diesel Verskaffings ooreenkoms aangegaan om saam n puik produk diesel aan die boere te verskaf.
Ferdie Brits het die boere toegespreek oor die 7 divisies van TWK Agri. TWK Agri het in 1940 begin en was eers genome die Transvaalse Wattle Kwekers Kooperasie. Vandag staan hulle sterk om aan die boere die beste diens en produk te verskaf op hulle produksie lenings, maand rekeninge en seisoen rekeninge.
Hulle het twee meganisasie winkels gestig in Mpumalanga, waarvan een in Ermelo en een in Bethal is, waar hulle sterk konsentreer op herstelwerk aan implemente, om dit baie gerieflik te maak vir die boer.
Affinity Fuels is die handels naam en verspreidings arm van GROCAT BV wat die lae swael diesel invoer van oorsee. Hulle het stoor fasiliteite in Matola wat die distribusie van Diesel baie makliker maak in die area vir die boere. Met elke invoer kan daar vir die kliente n onafhanklike labratorium toets gewys word wat die kwaliteit diesel bevestig
Die depot in Carolina kan in al die omliggende areas klein hoeveelhede van 2000 liter of meer aflaai.
Boere kan hulle bestellings by TWK plaas en Affinity Fuels sal dan sorg dat dit betyds by die boer afgelewer word.

Op die foto van l/n/r Frikkie Nel, Andries Steyn, Rassie van Rooyen, Anita Gebhard ,Sam Mthimunye en Ferdie Brits van TWK, Tanya Botha, Lorette DuPlessis, Walter Serfontein en Johan Barnard van Affinity Fuels

TWK en Affinity Fuels vat hande
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply