Vliegtuig land en beskadig by Carolina News Actual

img-20160918-wa0007Vrydag die 16e September het ons mense van Carolina ‘n die vliegtuig opgemerk wat op die lugstrook langs die Carolina-Wonderfontein pad gestaan het. Dit was duidelik dat die vliegtuig skeef staan op die landingstrook van mnr. Sturgess. Ons verneem dat dit vriende was van mnr. Sturgess wat net ‘n besoek wou aflê maar met die landing het die vliegtuig seer gekry. Daar was geen probleme tydens die vlug nie, net met die landing het die regterkantse onderstel padgegee en die vliegtuig het skuins gesak. Die propeller het nog gedraai. Op die foto kan mens sien dat die vlerke van die propeller omgebuig het soos dit die grond geraak het. Niemand is beseer in die proses nie. Die vliegtuig is die Maandag op ‘n vragmoter verwyder.
fotos: Adelaid Frazer. Baie dankie

Vliegtuig land en beskadig by Carolina
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply