Water mors in Langestraat News Actual

img-20160909-wa0000Carolina se munisipaliteit gee nie regtig om as water vermors word nie, veral as dit hulle verantwoordelikheid is. By hierdie meter of wateraansluiting in Langestraat het die water vir drie dae so uitgespuit. Die eienaar van die erf het die munisipaliteit in kennis gestel maar in die begin is daar nie op gereageer nie.

Volgens die eienaar het die aansluiting al 6 maande gelek en hulle het die Munisipaliteit herhaaldelik in kennis gestel sonder enige reaksie. Op Woensdag die 7e het die pyp toe gebars. Die munisipaliteit is onmiddellik in kennis gestel maar eers toe ons namens die koerant vir Erika Strydom inlig omtrent die lekkasie, toe is daar vinnig opgetree. Baie dankie vir Erika se hulp in die geval. Die winter is nou net verby en op ander plekke is daar geen water nie. Ons kan nie so met water mors nie. Dit het nog nie gereen nie en dit sal nog ‘n paar maande kan duur voordat ons watervlakke weer normaal is. Waterbesparing is absoluut ‘n prioriteit.

Water mors in Langestraat
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Leave a Reply