Wimpy Carolina Heropen na Opgradering vrydag 5 Aug Market News, News Actual

DSCN5791Vrydag 5 Augustus het Wimpy Carolina weer oopgemaak nadat dit vir 2 weke toe was om die besigheid binnekant te kan opgradeer.

Daar is heelwat groot veranderinge aangebring en die wat gereeld by Wimpy eet sal dit onmiddellik kan opmerk. Die grootste verandering is die speelruimte wat  vir kinders aangebring is. Die speelruimte is geinstalleer met ‘n “Light Play”. Dit is die jongste nuwigheid wat op die mark is en Wimpy het die alleenreg om dit te gebruik. Dit is fisies ‘n projektor wat in die plafon ingebou is en dan die spel op die grond projekteer. Dit is volledig interaktief en jong en oud kan plesier daaruit put. Dit gaan oor die figure wat op die grond geprojekteer word en dan deur die spelers raakgetrap moet word.

Verder is die rookafdeling ook anders ingeruim. Die rookgeleentheid is meer spesifiek afgesonder. Die ander gedeelte wat vroër daarvoor gebruik was is nou ook toegewys aan nie-rokers.

Daar is nuwe plek geskep vir 4 tafels meer, elkeen met 4 sitplekke sodat Wimpy plek kan verskaf vir 16 mense meer op ‘n slag.

Wimpy Carolina word bedryf met 19 staflede plus 2 bestuurders. Hulle maak in die week oop van 7 uur in die oggend tot 7 uur in die aand. So ook op publieke vakansiedae. Sondae is hulle oop van 8 tot 5.

Baie dankie vir Mary-Ann Brown vir haar hulp met die her-opening van die Wimpy. Sy kom van Wimpy Nelspruit.

Ons wens die bestuurder Linnah Mthimunye en haar staf alle voorspoed met die pragtige winkel.

Baie geluk aan Mnr Dirk Bezuidenhout, die eienaar van die Wimpy. Wimpy Carolina is reeds 20 jaar met ons en belowe om dit vir die kliente net geriefliker en aangenamer te maak om daar te kom eet. Wimpy spesialiseer in die familie geleentheid maar kan ook ander partytjies en funksies akkomodeer.  Ons het dit geniet om daar te wees en die pragtige veranderinge te kan waarneem.

Wimpy Carolina Heropen na Opgradering vrydag 5 Aug
0 votes, 0.00 avg. rating (0% score)

Recent Comment

  1. Chrinstine

    I have been surfing online more than 3 hours today, yet I
    never found any interesting article like yours. It is
    pretty worth enough for me. In my opinion, if all site owners
    and bloggers made good content as you did, the internet will be much
    more useful than ever before. http://Bing.org/

Leave a Reply